Olimpiades en kompetisies  2018
 
 
Vrystaat-Noordkaap Wiskunde Uitdaging

Daar het hierdie jaar 43 leerders vanaf gr 4 – 7 aan die Vrystaat-Noordkaap Wiskunde Uitdaging op 24 Julie deelgeneem.  Hulle het vooraf ‘n oefenvraestel ontvang wat hulle kon deurwerk. In die hele VS en Noordkaap het daar ongeveer 15 700 leerlinge deelgeneem.

 

Ons leerders het weereens puik presteer. In Gr. 4 het Ellen Cotty, Nanushka Marais en Jana Ross bo 70% behaal.  Gr. 5 het AJ Pitzer, Ianica Ferreira en Michael Fernandez 76%, Franco Marx 84%, Ansoney van der Westhuizen 88%, Daniëlle Myburgh en Fumane Moiloa beide 92% en Henke Minnaar en Louan Kotzé beide 100% en hulle beklee die eerste posisie in die Vrystaat en Noordkaap.  In Gr. 7 het Theuns Delport 80%, Kaelynn Nortjé het 88% en beklee die 16de posisie.  Lynné van Wyk beklee met haar 96% die eerste posisie in Graad 7 in Vrystaat en Noordkaap.

                                                                                                 Top
"Astronomy Quizz"

Die kompetisie het bestaan uit 4 provinsiale rondtes en dan die Nasionale rondte.

 

Die vier leerders in die span, Theuns Delport, Veronique Du Plooy, Katleho Motingoe en Lynné van Wyk  was absolute sterre.  Ons het tydens die eerste en tweede rondtes wat in Welkom gehou is, deurgedring na die Provinsiale semi-finaal en finale rondtes wat in Bloemfontein gehou is op 27 Julie, hier het hulle beide rondtes gewen wat hulle die Vrystaatwenner gemaak het en dit in ‘n kompetisie  wat in Engels aangebied is en die meerderheid deelnemers Engelssprekend is.

 

Vanaf 1 – 3 Okt was dit die Nasionale kompetsie wat in Pretoria aangebied is. Hier is ons heerlik bederf deur aktiwiteite te doen in die Nasionale Museum asook die Geo-Science museum.

Ons span  gekroon as die Nasionale wenners van die “Astronomy Quiz” Hulle is beloon met pragtige pryse o.a ‘n skootrekenaar en ‘n teleskoop.

                                                                                                                                                             Top